Reviews

  • Dr Hans Fransen, Art and Architectural Historian, Accredited Heritage Consultant

Ek het al verskeie present-eksemplare van boeke van hulle outeurs ontvang in my lewe. Maar geen van hulle het my soveel plesier gegee – en soveel ontroer, moet ek bysê! Dit is nou werklik ‘n “life-enhancing” boek, ’n visie van die paradys, wat mens laat besef dat ons almal, op ons eie manier, bydra, of behoort by te dra, tot die gemeenskap waarin ons geplaas is. Dankie vir dié boodskap. Dit hou ook vir my, as outeur, ’n les in, naamlik dat “dooie” dinge soos geboue of selfs kunswerke niks beteken as jy nie die mense daarin of daaragter probeer leer ken nie. En komplimente ook oor die fotografie – alles met beskikbare lig! Ongeëwenaard.

  • Peter Younghusband, author and former foreign correspondent in Africa and also Washington bureau chief for the Daily Mail

Every now and then in the world of literature and publishing there appears a book that requires a pause for thought and contemplation. A publication that stops you in your tracks as you browse past the shelves in a book store – makes you pick it up, and pore through its pages, turning them slowly, one at a time, stopping at some for longer than a minute, paging back sometimes to look again at another that had particularly transfixed your attention. Finally, you glance guiltily at your watch and realise that half an hour has passed and here you are, still trapped by talent. You leave hastily, because it has made you late. But in all probability you take the book with you, calculating agitatedly as you reach the cashier how you are going to re-organise your monthly budget to pay for it, because you have succumbed to the urge to possess it. The book is entitled “Portrait of a Village” and it is a unique culture of creative achievement in text and illustration by Annalize Mouton who this publication has certainly proved to be one of South Africa’s most outstanding photographers. The book is edited and designed by her husband, Mare Mouton.

The rich pictorial content depicts 150 years of life, architecture and country scenery in Stanford – from its Victorian days to the present day mix of old-timers, young folk, their kids – the living, the dying, the dead.  Nothing is held back. It’s all there – the simple country folk, the workers, the traders, the artists, the one country doctor and the one country attorney, the algemene handelaar, and signs of progress in the “nuwelings” escaping the city, if only for weekends, and the tourists, curious about the village about which they had heard so much.

…it would be an insult to try and describe it  in terms of a “coffee table” publication because that would risk diffusing its image with a mantle of ordinariness – and ordinary this book is certainly not. From the moment you turn the first page it catches your heart and leads you on.

Nowhere was this better illustrated than at the book’s official launch at the Stanford Galleries where an impoverished family ranging from white-haired grandparents to small children bought a single copy with a handful of cash and sat on the village common to read it, and as the white-haired matriarch took responsibility and slowly turned the pages, her brood of three generations craning eagerly over her shoulders shouted: “next page, Ouma, next  page!”

They came in their hundreds. They played guitars and sang. They cheered and made speeches that became emotional and disjointed as the good wine flowed. There were people from the “skema” and the township, and people from the elegant homes on the river and from the leafy homes in the town and around the market place. And back and forth among the crowds were running the children. The dancing and the singing went on until the early hours of the morning. There had never been a book launch like it in the history of South African publishing. What a party!

  • David & Karen McLennan, Select Books, 232 Long Street, 8001 Cape Town, Tel: +27 (0)21 424 6955, Founder member of SABDA (Southern African Book Dealers Association)

Your book is, in a nutshell, great! Well done! You must be delighted. It is egalitarian in character which is unusual in South Africa. You look at all aspects of the Village and a substantial number of people who live in and around it. By the end of the book the outsider will have a good idea of who does what in the Village and it is an interesting view on a platteland village in post apartheid SA that will be of interest to a wider audience. While going through it I was reminded of books by Obie Oberholzer and David Goldblatt who take individual photographs and via them seek to make the reader realise why a person, in their setting, is exceptional. You have chosen to do that with both photograph and text and it works well. I think that those depicted are proud of their village… and your book will make them prouder!

Well done on not putting in blocks of text, differing text sizes and all the modern panoply that goes into new books so often to accommodate the short attention spans of readers!! Once again well done. I suspect you will be sought out to do other such publications!

PORTRAIT OF A VILLAGE: STANFORD 150, deur Annalize Mouton (teks en foto’s). Village Life, Stanford, 2008. (Hardeband, 240 bladsye, ISBN 9 780 62039 871 8.) (Mar 24, 2008)

STANFORD is die dorpie waarby ’n mens verbyry op pad na Gansbaai en Franskraal, of Hermanus na die ander kant toe. Die verbyryers is in elk geval die soort mense wat nie sal weet wat hulle mis nie. Vir my is daar twee redes, albei met persoonlike voorkeur te make, waarom Stanford aandag, afdraai en gaan sit werd is. Die een is die restaurant Mariana’s, die ander is die tydskrif Village Life, wat hier geskep en versorg word deur Maré en Annalize Mouton.
Die boek onder bespreking is in ’n sin ’n uitvloeisel van die tydskrif, geskryf en gefotografeer deur Annalize Mouton met dieselfde sin vir die geskiedenis, kultuur en karma van Stanford en omgewing.
Ek veronderstel ’n mens sou oor baie Kaapse dorpe so iets kon aanpak, maar nooit klaarkry nie. Dit kos ’n spesiale dorp, onopgesmuk soos Stanford is, en spesiale mense.
Die resultaat is ’n boek wat moeilik by groot uitgewers sou kon nes skop, omdat die teikenmark so eng is. En hierin lê die paradoks. Omdat Village Life dinge doen soos hulle dit doen, is Portrait of a Village: Stanford 150 ’n boek wat alle Suid-Afrikaners behoort aan te spreek, en spesifiek diegene met ’n oog vir fotografie.
Alles wat jy oor Stanford wil en kan weet, is vasgevang in die teks vir die boek. Die eerste vier hoofstukke vertel van die heel vroeë besoekers, van Robert Stanford se meul en die merkwaardige gebeure van 1849 wat gelei het tot die ostrasering en verarming van Robert Stanford, die meuleienaar van die nedersetting wat later na hom genoem sou word. Daarna volg twee hoofstukke oor die stigting van die dorp, en die plaasgemeenskap.
Tot op dié punt gebruik Mouton ou geskiedkundige foto’s, gejukstaponeer met haar eie, onlangse foto’s. Maar sodra sy by die plaasgemeenskap en boere kom, vind die boek sy patroon: foto’s en portrette van mense in hul omgewing.
Dit is hierdie foto’s wat Portrait of a Village: Stanford 150 so merkwaardig maak. Om dit te kontekstualiseer: Die publikasie waarmee dit die meeste gemeen het (ofskoon hulle so uiteenlopend van aard is) is David Goldblatt se Some Afrikaners Photographed en Some Afrikaners Revisited. Of Cloete Breytenbach se boek oor Distrik Ses.
Maar waar Goldblatt steun op sy goeie ou Hasselblad, benut Annalize Mouton die voordele wat hedendaagse digitale fotografie inhou. Uiteraard is dit nie ’n geval van net mik-en-druk nie. Daarvoor is daar te veel getuienis van harde werk: die komposisie, die kwaliteit van lig, die karakter, “okkasie” – en die afwesigheid van die flentergattigheid van mik-en-drukkery.
Dit is veral die feit dat sommige van die foto’s lyk asof baie tyd aan die komposisie bestee is, wat hulle so merkwaardig maak. Mouton het nie van driepote gebruik gemaak nie; die foto’s is as ’t ware uit die vuis geneem.
Die somtotaal is ’n uiters boeiende en indrukwekkende greep in die tyd. ’n Portret, in die volste sin van die woord, van ’n dorp en sy mense binne die jaar wat dié dorp 150 geword het.
Die beeld wat jy kry van mense uit verskillende dele van die samelewing wat trou, begrafnis hou of in hul voorkamers “sit” vir ’n portret, is merkwaardig. Die boek sluit met twee noemenswaardige foto’s. Die laaste is van ’n fietser wat deur ’n groot poel water op die dorpsmeent ry, met die blou lug, wolke en dorpshuise wat die toneeltjie omraam. Die voorlaaste foto is van die doodskis met die ontslape mevrou Nellie Steeneveld in haar voorkamer, terwyl vriende en familie hul laaste respekte betoon.
Soos elders dra dié foto die stempel van Mouton se keurige oog. Dis nie net die gesigte van die rouklaers en mevrou Steeneveld wat in die oog spring nie, dit is ook die fluweelpapegaai wat agter hang, en die kunswerk teen die muur. En agter die doodskis ’n foto van ’n bejaarde mevrou Steeneveld wat fleurig in die straat stap.
Die sleutel tot Mouton se fotografie lê daarin dat geen filters gebruik is nie, geen flitse nie. Net natuurlike lig, en die filter van gewone, alledaagse lewe.
Die neerslag hiervan is ’n boek wat die dorp en sy bewoners vereer, en wat die kyker op elke bladsy oortuig dat die alledaagse nooit werklik alledaags is nie, dat die gewone altyd ongewoon is, omdat elke mens wat gefotografeer is, sy eie stempel en persoonlikheid op sy omgewing afdruk.
Ek is verskriklik bly dat ek ’n eksemplaar van hierdie pragwerk in die hande kon kry… die foto’s is die beste sosiale dokumentasie foto’s wat in Suid-Afrika gepubliser is sedert David Goldblatt se boek.

  • Dr Tania Vergnani, Director HIV/AIDS Programme at University of the Western Cape

In this book Annalize Mouton combines a fine photographic eye with the art of allowing the reader the privilege for a brief moment of sharing the lives of the wide diversity of people living in Stanford. She tells their stories with poignancy, warmth and the clear message of building bridges and trying to heal some of the wounds of the past.

  • Pieter Strauss: Fotoboek herenig Stanford, Buite Burger 10/03/2008 06:25:57 PM – (SA)

DIE pragtige koffietafelboek Stanford 150 – Portrait of a Village dokumenteer in teks en beeld (meer as 500 uitmuntende foto’s) die ontstaansgeskiedenis, groei en ontwikkeling van die dorpie Stanford en sy onmiddellike omgewing die afgelope 150 jaar.

Maar eintlik gaan dit hier om veel meer.

In die eerste hoofstukke word vertel hoe dié vrugbare grond en weivelde rondom die Kleine-rivier reeds sedert die 18de eeu prominente koloniale boere gelok het. ’n Sekere Jan Hartog (ook soms Har­toch gespel), die hooftuinier van die VOC aan die Kaap, meld dit reeds in sy joernaal van 1707.

Later is weiregte aan Christoffel Brand toegeken – die oorgrootjie van Jan Brand, die latere president van die Oranje-Vrystaat.

Hierna is dit toegeken aan sir John Trutor, die hoofregter aan die Kaap in 1813. Hy het die Kleine Rivier­vallei-plaas in 1831 aan majoor Samuel Parlby verkoop, en Robert Stanford het dit in 1838 vir 3 000 pond van Parlby bekom.

Stanford het nuwe geboue (onder meer ’n groter meulhuis) en damme opgerig en ander verbeterings aangebring en baie suksesvol daar geboer, totdat hy hom die gramskap van die koloniale gemeenskap op die hals gehaal het deur voorrade te voorsien aan die skip Neptune, waarop veroordeelde misdadigers was.

Die Britse regering wou hierdie mense na Suid-Afrika deporteer, maar hierteen het die koloniste hewig in opstand gekom.

Stanford is daarna deur die koloniale gemeenskap geboikot, en sodoende het hy sy plaas en alle ander eiendom verloor.

Die nuwe eienaar, Philippus Lodewicus de Bruyn, het besluit om die grond in 200 erwe te laat uitmeet en ’n dorp daar aan te lê. Robert Stanford moes 50 pond betaal sodat die nuwe dorp na hom genoem kon word.

Op 30 September 1857 is die eerste twee erwe verkoop. Wat opval, is dat wit en bruin mense vanaf die beginjare sy aan sy op hierdie dorpie gewoon het.

Een van die eerste agt erwe is aan ’n bruin man, Januarie Swart, verkoop. Ander kopers was Richard Gardner, Jonas Haas, Jan Mars en Frans Engel wie se afstammelinge vandag nog op en om Stanford woon.

In hoofstuk 5 van die boek word vertel watter impak die gedwonge verskuiwings in die apartheidsjare op die dorp en sy mense gehad het. Tevore het hulle in harmonie saamgewoon en kon almal van die baie vrugtebome op die dorp pluk en die vrugte na willekeur en behoefte gebruik.

In 1957 is sekere mense uit hul huise gesit slegs drie dae nadat die stadsklerk ’n mondelingse bevel daaroor uitgereik het.

Tussen 1972 en 1974 moes ’n verdere 30 gesinne die huise verlaat waarin hul mense geslagte lank gewoon het. Dié eiendomme is daarna deur groot stootskrapers verwoes.

Families en vriende – inderwaarheid die hele dorp – is deur hierdie gedwonge verskuiwing uitmekaargeruk, en vriende het oornag in vyande verander.

Blaai ’n mens egter verder deur die treffende foto’s van hierdie boek, word jy bewus van ’n ánder werklikheid: Skouer aan skouer, in hul vreugde en hul pyn, word ál die mense van Stanford en die omgewing nou op dié glansblaaie uitgebeeld.

Meer as net die afbeeldinge van vlees en bloed staan uit die bladsye op; ook iets van die individu se weerlose menswees is te sien, van families se intiemste samesyn – selfs by die laaste groet van ’n afgestorwene.

En kyk jy lank genoeg daarna, is dit asof elke foto ’n eie lewe verkry; voel dit weldra asof jy hierdie mense ken, asof jul pad al tevore gekruis het.

Volgens Annalize Mouton, die skrywer en fotograaf van die boek, het sy en haar man, Maré, uit die staanspoor besluit om al die mense as medemense, as gelykes te hanteer en uit te beeld.

“Ek wou foto’s neem wat as ’n historiese dokument kon dien van ál die mense wat op Stanford geleef het in sy 150ste bestaansjaar. Dit moes verteenwoordigend wees. Ook wou ek daarmee aan die mense sê: Kyk ’n slag nuut na mekaar. Kyk met nuwe oë na jouself en na ander. Julle is mooi. Julle is kosbaar.

“Julle is die moeite werd. En ek wou dit sê aan die hele gemeenskap.”

Annalize het geen flitsligte en driepote vir die neem van die foto’s gebruik nie, want sy wou nie die mense afskrik nie. Baie van hulle het nog nooit vantevore ’n kamera gesien nie. Sy wou ook so natuurlik moontlik met hulle in interaksie wees.

Hulle moes voor haar kamera kon ontspan – iets waarin sy inderdaad uitstekend geslaag het.

“Kyk,” vertel sy, “hierdie mense het my toegelaat om foto’s van hul binnekamers en binnekante te neem. En ek het dit as ’n baie groot voorreg beskou.

“Ek het soms gevoel asof ek my skoene moes uittrek; asof ek heilige grond betree.”

Op die bekendstelling van die boek op Saterdag 9 Februarie (waarheen die hele dorp genooi is en waar meer as 500 mense saam kon eet, drink en partytjie hou) het ’n vrou opgemerk: “Wat predikante en politici in 50 jaar nie kon vermag het nie, het die neem van foto’s en die uitgee van hierdie boek reggekry: Kyk, vandag, ná al die jare, is ons almal weer een.”

Mag hierdie boek nog vele mense en gemeenskappe motiveer – van die Kaap tot Mpumalanga – om met heel nuwe oë na hulself, hul omgewing en ander mense te kyk.

En mag só nog baie kontreiboeke en ander wonderwerke gebore word.

Portait of a Village” by Annalize Mouton celebrates the 150 year existence of Stanford and captures for posterity one of the most detailed snapshots ever taken of a moment in the history of a town. The book was introduced to Prince Albert by Annalize and her husband Maré, who was responsible for the layout, in the Koggelmander garden one Sunday morning in March and without exception those who came were captivated by the book and the enthusiasm of its author. This, they agreed, was a book you may pick up because it is so beautiful but can’t put down because it is so fascinating.In a world-first Annalize has photographed most of the people now living in the small Southern Cape town of Stanford and captured for posterity what their town is like. The book contains more than 700 exceptional photographs and a well-researched, easily readable history of the village that celebrates what Stanford was, is and may be, without shying away from the often disparate experiences of the different parts of the local community. Apart from being an engrossing and beautifully written and presented book, “Portrait of a Village” is an important social record of rural South Africa at the beginning of the new Millennium. It may focus on one village, but gives a valuable glimpse of what lies behind the modern façade of all South Africa’s rural communities.Most platteland towns and villages still resonate with the presence of long-forgotten inhabitants that lives on in the buildings and places they left behind. Sadly, our collective memory of who they were and what the town was like when they were around is all too often just a guess. “Portrait of a Village” will not only tell future generations what we were about but, perhaps even more importantly, turns the mirror inward and reminds us of where we come from and what we are like. This makes it an extraordinary and important book.
TOE Annalize Mouton se boek “Portrait of a Village: Stanford 150” ‘n paar maande gelede bekend gestel is om saam te val met dié dorp se 150ste bestaansjaar, sou sy sekerlik nooit kon dink dat haar kiekies nou in Nederland te sien sou wees nie.
Maar die lewe loop soms snaakse draaie en dis presies wat gebeur het.
‘n Argitek van Hilversum, Jan Frederik Groos, sy vrou, Sakina Groos-Dijkstra, en Marga Kruijer van Klaveren, ‘n dramaturg van Schagen, het die boek vir verskeie Nederlanders gewys.
Die terugvoer oor die foto’s wat met natuurlike lig geneem is was baie positief.
Annalize is toe genooi om 24 van haar foto’s na Nederland te stuur as ‘n rondreisende uitstalling wat ‘n blik gee op ‘n Suid-Afrikaanse dorpie.
Die kiekies sal onder meer te sien wees by die jaarlikse gala-funksie van die Suid-Afrikaanse Huis in Amsterdam gedurende Januarie 2009.
Die eerste uitstallings het op 4 September geopen in die Scagon-teater in Schagen en in die Podium Mozaiek in Amsterdam.
‘n Uitstalling van die foto’s sal ook te sien wees by die Arts Association van Belville tussen 28 Januarie en 25 Februarie 2009.
Annalize en haar man, Maré Mouton, is die redakteurs en uitgewers van Village Life. Dié glanstydskrif het aanvanklik gefokus op Stanford en buurdorpe soos Hermanus, Gansbaai en Franskraal, maar deesdae bied dit artikels van dwarsoor Suid-Afrika.
“Die boek onder bespreking is in ’n sin ’n uitvloeisel van die tydskrif, geskryf en gefotografeer deur Annalize Mouton met dieselfde sin vir die geskiedenis, kultuur en karma van Stanford en omgewing,” skryf Kerneels Breytenbach onlangs. “Die somtotaal is ’n uiters boeiende en indrukwekkende greep in die tyd. ’n Portret, in die volste sin van die woord, van ’n dorp en sy mense binne die jaar wat dié dorp 150 geword het.”
“Portrait of a Village” herinner aan David Goldblatt se Some Afrikaners Photographed en Some Afrikaners Revisited deurdat dit ‘n getroue weergawe gee van hoe “gewone” mense in ‘n “gewone” Suid-Afrikaanse dorp lyk.
Die Nederlanders behoort dié foto’s fassinerend te vind.
Volgens Annalize is die belangstelling aan’t uitbrei en word die moontlikheid oorweeg om die uitstalling ook te neem na Swede, Engeland, Duitsland en Amerika.
Dis ‘n bevredigende ervaring vir enige fotograaf – veral as jy 50 000 foto’s in vyf maande geneem het en toe die allerbestes uitgesoek het vir die wêreld om te sien.
* Portrait of a Village: Stanford 150, deur Annalize Mouton (teks en foto’s). Village Life, Stanford, 2008. (Hardeband, 240 bladsye, ISBN 9 780 62039 871 8.)
Leave a comment

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

Blog at WordPress.com.

%d bloggers like this: